
Huis Vergenoegd


WOONEENHEDE
Die volgende tipes Wooneenhede is beskikbaar:
-
Enkel wooneenheid bestaan uit ‘n sit/slaapkamer met ‘n badkamer en kombuis/kaskombuis
-
1-slaapkamer wooneenheid bestaan uit ‘n slaapkamer, ‘n sitkamer, ‘n badkamer en kombuis/kaskombuis
-
2-slaapkamer wooneenheid bestaan uit twee slaapkamers, ‘n sitkamer, badkamer en kombuis
-
Versorgingsentrum (Leë beddens word gewoonlik gevul met inwoners uit die wooneenhede)
-
Huis Ina Rens vir persone wat leef met demensie

Die volgende is ingesluit by die tariewe van die Wooneenhede :
-
2 etes per dag (3 gang middag- en ligte aandetes)
-
Water en elektrisiteit (24 uur bystandkrag)
-
Wasgoeddiens
-
Skoonmaak van wooneenhede (2x per week)
-
24 uur sekuriteit
-
Televisiepunt (opsioneel)
-
Elke oggend word alle inwoners persoonlik besoek om seker te maak dat alles nog in orde is.
-
Noodtelefone (in kamer en badkamer) en interkom vir daaglikse afkondigings
-
Oggend- en middag tee (in gealokeerde lokale)

Persoonlike ondersteurningsdienste (POD dienste):
-
POD Dienste is 'n unieke diens wat aan alle inwonders gegee kan word na gelang van hul behoeftes.
-
Met die tendens van persone wat langer leef, en die ouerwordende inwonertal is die diens gerig op verswakte inwoners in die wooneenhede.
-
Inwoners kan met hulp van POD, langer onafhanklik in die wooneenhede funksioneer.​
-
Meer inligting by Spesiale dienste.

Tariewe van wooneenhede
-
Die tariewe word jaarliks aangepas.
-
​Sien keuringsvereistes vir huidige tariewe.
​
Geratec
Aletha Hugo
Voedseldiensbestuurder Huis Vergenoegd
Ons voedseldiens-vennoot: GERATEC
​
By ACVV Huis Vergenoegd, Paarl glo ons dat goeie voeding méér is as ’n maaltyd — dit is deel van waardigheid, welstand en ’n kwaliteit lewe. Daarom is ons trots om reeds meer as 15 jaar met GERATEC as ons voedseldiens-vennoot saam te werk.
​
GERATEC is uniek in Suid-Afrika, die enigste kontrakteurmaatskappy met ’n kernfokus wat uitsluitlik op die behoeftes van ouer persone gerig is. Hulle verhoudingsgerigte benadering verseker dat diens nie net konsekwent en professioneel is nie, maar ook menslik en bedagsaam.
​
Ons inwoners ontvang daagliks drie gebalanseerde maaltye, met middagete wat ’n keuse van twee proteïene bied. Inwoners het ook die opsie om die MIND-dieet te volg — ’n eetbenadering wat breingesondheid ondersteun deur klem te lê op, onder andere groentes, volgraanprodukte, peulgewasse, neute en gesonde vette.
​
Ons moedig inwoners aan om etenstye in ons verskillende eetsale te geniet — ’n geleentheid om rustig te sosialiseer om die tafel, terwyl ’n smaaklike ete bedien word deur vriendelike, opgeleide GERATEC-personeel. Die span word op die perseel gelei deur ’n ervare Voedseldiensbestuurder met ’n duidelike fokus op kwaliteit en konsekwente dienslewering.
​
As langtermyn-vennoot werk GERATEC nou saam met ons bestuur en spanne om hoë standaarde te handhaaf en ’n volhoubare diens te verseker. GERATEC se dieetkundiges bly op hoogte van die nuutste navorsing en beste praktyke om voedingsriglyne en spyskaarte te ondersteun wat werklik bydra tot ’n kwaliteit lewe vir ons inwoners. Ons hou ook maandelikse voedingsorgsvergaderings, waar die dieetkundige saam met die versorgingspan na elke inwoner se behoeftes kyk en voedingsintervensies instel waar nodig.
