top of page

GESKIEDENIS

IMG_2558.jpg

DE JAGER HUIS,  HOOFSTRAAT 188, PAARL

​

Voorheen die administratiewe kantore van Huis Vergenoegd en huisves tans die kantore van Boy Louw prokureurs.

Die grond was oorsponklike ‘n deel van die plaas Pontak wat in 1723 aan Jan Labuschagne toegeken is.


Die eiendom het daarna verskeie kere van eienaar verwissel.  Gedurende 1805 - 1809 is die eiendom onderverdeel in 3 dele en is daar verwys na VERGENOEGD wat ene Joshua le Roux in 1818 aan Gerrit Nieuwoudt oorgedra het en waarop die bestaande gebou vandag staan.  Die geskiedkundige put het toe reeds bestaan. Die grenslyn van Vergenoegd en Welgegund, het reg deur deur die middel van die put geloop. Hierdie put was die oorspronklike waterbron van die Paarl en smiddae om 5 uur het die klok gelui sodat almal water kan kom haal.

​

Alles dui daarop dat Gerrit Nieuwoudt die huis gebou het kort nadat hy besit van die eiendom geneem het. 

Hierdie eiendom sou later bekend staan as de Jager Huis.  In 1966 het die maatskappy Historiese Huise, in oorleg met die ACVV, hierdie eiendom bekom. Huis Vergenoegd het hierdie historiese huis gehuur vanaf 1975 tot 2011. Die De Jager Huis is daarna deur die huidige huurders, Boy Louw Prokureurs, betrek.

 

HUIS VERGENOEGD HOOFGEBOU

​

Die gebou is die werk van ʼn welbekende Victoriaanse argitek,  Anthonie de Witt.  Hierdie geboue vorm deel van die ryk kulturele argitektuur van die Paarl.

​

HUIS VERGENOEGD WOONEENHEDE, VERSORGINGSENTRUM, DIENSSENTRUM & HUIS INA RENS:

Huis Vergenoegd is die eiendom van Huis Vergenoegd ACVV dienstak.   

​

Huis Vergenoegd (Blok A) is in 1974 gebou, aanvanklik om huisvesting te bied aan ʼn maksimum van 92 ouer persone in 40 enkel en 26 dubbel wooneenhede.   Gedurende 1989 is Blok A uitgebrei met 22 wooneenhede.

​

Gedurende 1980 is Huis Vergenoegd Blok B gebou vir 25 verswakte ouer persone op die eerste vloer en nog 4 vloere met 32 enkel en 8 dubbel wooneenhede.  In dieselfde jaar is ʼn aanliggende eiendom Huis Japonika gekoop met die oog op verdere uitbreiding. 

Huis Japonika – word in 1980 vir huisvesting van 5 ouer persone benut. Later word dit die fassade van Huis Vergenoegd  C Blok asook die Welgegund eetkamer.  

​

Huis Vergenoegd Dienssentrum  is sedert 1/02/1983 in bedryf

​

As gevolg van ʼn bemaking is die Huis Vergenoegd Versorgingsentrum in 1989 vergroot vir nog 10 persone. Die Versorgingsentrum is geregistreer om 35 verswakte ouer persone te versorg. Die Huis Vergenoegd Versorgingsentrum is in 2000 - 2003 verder vergroot om 42 verswakte ouer persone te huisves.

​

ʼn Derde woonstelblok, Huis Vergenoegd C Blok, wat huisvesting bied aan 65 ouer persone is voltooi en op 1 Augustus 1993 in gebruik geneem.  Die C Blok en die Welgegund eetkamer is op 5 November 1993 ingewy. 

​

ʼn  Woonhuis - Stoney Broke, aangrensend aan Huis Vergenoegd, geleë in Zionstraat, is aangekoop vir verdere uitbreiding, en op 1/09/1990 in ontvangs geneem.  In 2011 word Stoney Broke omskep in `n eenheid vir persone wat leef met demensie.  Die huis is vernoem na die stigtersvoorsitter van Huis Vergenoegd, mev Ina Rens. Huis Ina Rens word op 1/03/2012 in gebruik geneem as `n afdeling van Huis Vergenoegd.

 

Stigterslede van Huis Vergenoegd

Mev. C M (Ina) Rens

Mev. Winnie Kirsten

Mev. Thelma Oosthuizen 

Mev. Joan le Roux 

Mev. A Hoekstra

Mev. Doreen Fleming

Mev. Charlotte Loubser

Mev. Susann Marais

Ina.jpg
IMG_2566_edited.jpg
bottom of page