top of page

BESTUURSPAN

Uiters bekwame span wat toegewyd is aan die versorging en geluk van alle inwoners. 

ONTMOET DIE SPAN

34194f24-2576-4f97-8dd3-efeb39bbe9fe_edited.jpg

Mev. HE SLABBERT

Voorsitter 

Ek is Nina Slabbert, gebore Clift van Suider Paarl. Ek is met my skoolliefde, Johann Slabbert getroud en ons het 3 kinders. Ons is ook geseën met 5 kleinkinders.  Johan is ongelukkig in 2023 oorlede en hy word steeds elke dag gemis.

Ek is `n trotse Girls Higher van die Paarl, (waar my pa, Billie Clift `n skolier tot standard 1 was), en beide my dogters en my oudste kleindogter,  ook Girls Highers is.

My beroepskeuse was van kindsdag al vir my uiteengesit, om `n maatskaplike werker te word. Ek het voorheen by Paarl- en Victoria Hospitaal gewerk.

Ons is in 1982 met ‘n babatjie oorsee toe Johann in `n hospitaal in St Asphaf, Wallis, gaan werk het. Sedert ons terugkoms in 1984 is ek betrokke by die ACVV.  My betrokkenheid by Huis Vergenoegd het in 2009 begin en ek is die voorsitter vir ongeveer 14 jaar. Ek was ook by verskeie ander instellings betrokke soos bv, die Junior Stadsraad, en die Huweliks- en Gesinsorg vereniging.

Dus in wese nog altyd `n maatskaplike werker.

Morne_edited_edited_edited.jpg

Morné Swanepoel

Finansies

Rekenmeester by Huis Vergenoegd, sedert 2008. Meer as 30  jaar ervaring by verskeie firmas as Finansiële Bestuurder en Rekenmeester. Nasionale Diploma in Koste- en Bestuursrekeningkunde by Technikon SA. Trusteelid ACVV Pensioen-fonds (sedert 2014)  Fasiliteerder van Werknemers-forum oor pensioensake ens. (160 Werknemers). Morne is getroud en is die trotse pa van 2 kinders.

Hanli.JPG

Suster Hanli Brits

Hoof van Versorgingsdienste 

Suster Hanli is hoof van die Versorgingsdienste vanaf 2017. Trotse ma van 2 dogters en Ouma van 4 kleinkinders. By HVG is daar plek vir 44 verswakte inwoners. Die personeel bestaan uit 10 Senior personeellede, 26 versorgers, 10 algemene assistente, 'n saalsekretaresse en 'n administratiewe personeellid. 

Anne-Marie_edited.jpg

Anne-Marie du Toit

Dienssentrum Bestuurder
Sy is al 16 jaar verbonde aan Huis Vergenoegd waar sy voorheen die pos as Hoof van
Wooneenhede behartig het. Sy is die afgelope 6 jaar verbonde aan die Dienssentrum.
Hier is sy verantwoordelik vir die reël van uitstappies asook die opstel en byhou van die
aktiwiteitsprogramme en aanbieding daarvan.
Haar werk is vir haar baie bevredigend, want ouer persone sorg het haar nog altyd na aan die hart
gelê.

Marina_edited.jpg

Marina Coetzee

​Hoof van Wooneenhede

Ek het in die Karoo groot geword en daarna in die Kooperatiewe omgewing gewerk.  Tans werksaam by die ACVV vir ongeveer 12 jaar. By Huis Vergenoegd is daar groot verantwoordelikhede met die versorging van ouer persone, wat ek met liefde doen.

Lisna.JPG

Lisna Hugo

Hoof van Huis Ina Rens

​Ek is 'n maatskaplike werker. My vorige werkservaring sluit 14 jaar by die Kankervereniging in, waar ek betrokke was by die
ondersteuning van individue wat deur kanker geraak word.

Tans is ek al agt jaar by Huis Ina Rens werksaam waar ek passievol met bejaardes werk, spesifiek met diegene wat leef met Demensie.

Buite werk is ek gelukkig getroud en 'n trotse ouer van twee wonderlike kinders.

bottom of page