top of page
Paarlberg.jpeg

KEURINGSVEREISTES

  1. Aansoekers moet ouer as 68 jaar wees.

  2. Die aansoeker se maandelikse inkomste moet R18 500.00+              (R36 500.00 per egpaar) per maand wees.

  3. Die aansoeker moet ten volle onafhanklik (fisies en psigies) kan funksioneer in die wooneenheid met opname.

ete.JPG

Huis Vergenoegd hanteer geen spoed opnames nie.

Die tariewe vir selfsorg wooneenhede per maand hang af van die tipe wooneenheid wat verlang word, en word jaarliks in April aangepas.

 

`n Nie-terugbetaalbare toetreefooi van R28 000 per persoon en R48 000 per egpaar word gehef by opname (ongeag die soort woonstel wat geneem word).

Hierdie bedrag word ook jaarliks in April aangepas.

 

Persone wat volgens die keuringsvereistes (genoem in punt 1 en 2) kwalifiseer vir die waglys, word vir `n onderhoud met die keuringskomitee (Bestuurslede en senior personeel) by Huis Vergenoegd genooi.

 

Afhangende van die besluit van die keuringskomitee word die aansoeker na hierdie onderhoud, aanbeveel vir die plasing/waglys van Huis Vergenoegd, of verwys na `n alternatiewe fasiliteit.

 

Aansoekvorms is beskikbaar teen R300.00 per individuele aansoek / R600.00 per egpaar.

Huis Vergenoegd aanvaar geen geldelike bydraes van kinders/familie van aansoekers nie. 

Bewys van alle inkomste moet die aansoeker se aansoekpakket vergesel.

Huis Vergenoegd Versorgingsentrum neem geen persone van buite op nie. Voorkeur word aan huidige inwoners gegee.

Daar is geen diskriminasie ten opsigte van ras, geloof of taal  nie.

gang 3.JPG
83dd8577-365e-4dd6-ad50-9594d9666267.JPG
Screenshot 2026-03-25 163201.png
bottom of page