top of page
personeel lista.JPG

SPESIALE DIENSTE

HUIS INA RENS 

Demensie Eenheid

  • Huis Ina Rens bied verblyf aan 12 persone wat leef met Demensie.  Daar is drie enkel kamers, drie dubbel kamers  en  een  3-bed kamer.   

  • Daar is tans 16 versorgers, 3 algemene assistente, 3 toesighouers en die Hoof (gekwalifiseerde  Maatskaplike werker), werksaam by Huis Ina Rens.

  • Die atmosfeer in die huis is uniek, ontspanne en huislik.  Inwoners word die geleentheid en ondersteuning gebied om daagliks aan bekende huishoudelike aktiwiteite deel te neem bv.

    • kos voorbereiding     

    • skottelgoed was

    • wasgoed was

    • bak aktiwiteite

  • Daar is ‘n weeklikse aktiwiteitsprogram wat persoongesentreerd aangebied word.  Aktiwiteite sluit in:

    • fisiese oefeninge

    • handwerk bv. Brei en naaldwerk

    • tuinwerk

    • kuns en musiek terapie

  • Die multisensoriese tuin om Huis Ina Rens is as ’n gemeenskapsprojek beplant met plante/kruie wat lekker ruik, lekker voel en lekker smaak. Dit word onderhou deur die tuin kommittee van Huis Vergenoegd.

Versorgingseenheid

By Huis Vergenoegd is ons versorgingsspan verbind tot professionele, menswaardige en persoons gerigte sorg, waar elke inwoner se veiligheid, welstand en lewenskwaliteit ons hoogste prioriteit bly.

Versorgingsentrum en Versorgingsdienste

 

Die sentrum staan onder leiding van die Hoof van die Versorgingsentrum, wat ondersteun word deur ’n administratiewe beampte. Saam verseker hulle doeltreffende bestuur, nakoming van prosedures en die gladde funksionering van alle versorgingsdienste

 

Die versorgingsentrum:

Die Versorgingsentrum is die hart van Huis Vergenoegd. Dit is hier waar inwoners wat nie meer volledig na hulself kan omsien nie, rus, veiligheid en professionele ondersteuning vind binne ’n omgewing van 24-uur versorging.

​

  • Funksioneer met drie senior personeellede gedurende die dag en een senior personeellid gedurende die nag.

  • Tien versorgers gedurende die dag en vyf versorgers gedurende die nag.​

  • Hierdie spanne werk saam om konstante toesig, veilige sorg en tydige ondersteuning aan alle inwoners te bied.

  • Skoonmaak- en Ondersteuning spanne.

    • Twee toegewyde skoonmaakspanne sorg bedags dat die versorgings eenheid netjies, higiënies en veilig bly. Hierdie spanne lewer ook ondersteuning met kos bediening, wat bydra tot ’n ordelike en aangename leef omgewing.

    • ​Die Versorgingsentrum beskik oor ’n saalsekretaresse wat alle oproepe en basiese administratiewe take hanteer, wat effektiewe kommunikasie en koördinering verseker.

​

 

Persoonsgerigte Versorgingspan (POD Dienste):

  • Ons versorgingsdienste word gelewer deur ’n toegewyde en uitmuntende span wat gestruktureer is om deurlopende sorg, toesig en ondersteuning te verseker.

  • Die dienslewering word gedek deur aparte dag- en nag spanne, asook ’n persoon-gesentreerde span wat ondersteuning aan inwoners in die wooneenhede bied wanneer hulle bystand benodig.

  • Die persoonsgerigte span bestaan uit een senior personeellid en twee versorgers. Hierdie span fokus spesifiek op inwoners in die wooneenhede en lewer doelgerigte bystand waar inwoners nie meer totaal selfstandig kan funksioneer nie.

  • Hulp word verleen met met die klem op behoud van waardigheid en onafhanklikheid.

  • Hulpverlening tydens stort of hulpwas.

  • Skottelgoed was, bed opmaak, etes opneem, insmeer dienste.

  • Stap of stoot na die haarsalon of eetsaal.

  • Nael- en voetversorging

  • kliniekdienste daagliks van 11:30 - 12:00

    • inspuitings​

    • wondversorging

    • urine toetse, HGT's of bloeddrukmeting

  • Uitgee en bestuur van medikasie.​

 

bottom of page