top of page
groen sitkamer.JPG

SERVICES

A lot of effort is put into arranging interesting events and outings. The following services are available on a weekly or monthly basis:

The following services are available:

​

  • Biblioteekdiens: (gratis) Skrywers, digters en boeke 1 x per maand. Vrywillige inwoners wat die biblioteek diens en versorg. Paarl munisipale biblioteek besoek die tehuis elke 14 dae.

  • Speel van Boules: Spanne speel Woensdag oggende in die tuin met silwer balle (Franse rolbal).

  • Sing saam program: Begeleiding op klavier en inwoners wat saam sing en soms ook karaoke om variasie op program te bring.

  • Musiekprogram: Elke 2de Donderdag. Versoeke van liedjies en musiek wat op versoek gespeel of gewys word.

  • Bingo: Elke 2de Donderdag alternatiewelik met musiekprogram.

  • Speletjies middae: Verskeie speletjies word aangebied, soos bv. Rummikub, dambord, skaak, kaartspeletjies, ens. Nie beperk tot ’n spesifieke dag nie en lede kan enige middag speel as hul verkies.

  • Wonderwêreld van voëls: Gewilde en interessante visuele aanbieding en gesprekke rondom verkeie voëlspesies.

  • Raarhede en interessanthede: ‘n Potpourie van onderwerpe en gebeure wat raar of interessant is word gewys en gespreel om algemene kennis uit te brei.

  • Bloeddruk meting elke 2de week (gratis).

  • Oefensessies: (2x per week) Stoel-, strek- en stokoefeninge en asemhalings oefeninge.

  • Audioloog besoeke: (2 maal per maand) 2 Oudioloë besoek Huis Vergenoegd om inwoners te ondersteun waar hul dalk onmiddelike hulp benodig.

  • Handwerkgroep: (weekliks) Lede kom bymekaar vir ’n gesellige kuier en bring die handwerk waarmee hul besig is saam.

  • Bybelstudie (weekliks)

  • DVD-vertonings:  elke 2de Saterdag in die Kapel.

  • Eredienste:  Sondae in die Kapel – Tak van die Strooidakkerk.

  • Tuine: lede kry ’n stukkie tuin wat m.b.v. ’n tuinwerker gedoen word.

  • Busdienste:  Dinsdae en Vrydae na Paarl Mall, Donderdae na Paarl dorp (gratis), vervoer na doktersafsprake (eie koste).

  • Haarsalon (eie koste)

  • Uitstappies (maandeliks - eie koste)

  • Hand- en voetversorging (eie koste)

  • Veselinternet (eie koste).

  • Vrydag markdag: (eie koste) Stalletjiehouers bring iets van alles soos juwele, eetgoed, kaartjies, klere, wol, ens.

bottom of page